Friday, June 18, 2010

Francois en Lucille se gesamentlike sangloopbaan strek sedert 1968.


As sangpaar en as soliste verskyn in die tydperk 9 langspeelplate: hulle tree byne 3000 keer op die verhoog op en onderneem ook twee Europese konsertreise. Plaaslik het hulle in drie televisiereekse opgetree en in 1991 verskyn hulle eerste opname van geestelike liedere.

Hiervan sê Francois en Lucille:

“Dit is voorwaar ‘n voorreg om na soveel jare ons talente op die wyse te kan gebruik uit erkentlikheid teenoor ons Skepper vir geleenthede deur die jare en vir ‘strome van seën’ in ons private sowel as ons professionele lewens. Ons dank ook aan die duisende luisteraars wat deur die jare aan ons bly glo het en in besonder aan Johan Coetzer wat hierdie plaat geinisieer het”.

Regisseur/Programmering/Akoestiese klavier: Harold Schenk
Opname-ingenieur: Cesar D’Almeida
Musikante: Tromme en perkussie: Stef Kruger (kitaar); Blackie Swart (trompet)
Ondersteunende stemme : Coleske-broers.
Opname datum: Junie 1991

Maryna Barnard, SABC Audio Restoration

No comments:

Post a Comment

We welcome any feedback and comments!